Horskool Waterkloof is n Christelike, Afrikaanse horskool wat sedert 1979 kwaliteitonderrig aan leerders verskaf, gegrond op n tradisievolle waardesisteem en trots. Die skool blink op nasionale en internasionale vlak uit en het reeds verskeie leerders opgelewer wat as betrokke landsburgers n waardevolle bydrae lewer en op verskillende terreine n verskil maak. Onder die bekwame leierskap van mnr. Daan Potgieter is die skool steeds besig om te groei en is n innoverende voorloper in opvoeding wat nuwe uitdagings aanvaar om die leerder vir die toekoms voor te berei op n manier wat vir elk hoop vir die toekoms bied. Die skool bly toonaangewend en toekomsgerig in sy strewe na uitnemendheid.